Ontmoet ons hoofde

Saartjie Viljoen – Skoolhoof

Ek het 15 jaar ervaring in Kleuter Onderwys. Ek is ʼn gekwalifiseerde onderwyseres in KKO en beskik ook oor ʼn diploma in Montessori onderwys en ʼn Nasionale diploma in Openbare Skakelwese en bemarking. Ek was ʼn ECD konsultant vir die kleuterskole van die S.A. Lugmag. Tans dien ek op die bestuurskomitee van die Vereniging vir Voorskoolse Onderwys (VVOS).

In my vrye tyd geniet ek dit om kosbare tyd saam met my gesin te spandeer en geniet ek dit ook om biografieë en opvoedkundige boeke te lees.

My wens vir Duifies: dat elke personeellid, ouer en kind die hartklop van Jesus in die skool sal voel en ervaar.

 

 

Alma Fabricius – Adjunkhoof

Getroud met my sielsgenoot André. Ons gesin is vir ons baie belangrik. Ons het drie dogters, een kleindogter en een kleinseun. Altwee ons kleinkinders is ook Duifies. Om deel te wees van Moreleta Duifies is ‘n voorreg. Om kleinkinders te hê is ‘n seën uit God se hand. My gebed is dat ek elke dag diensbaar sal wees vir elke seuntjie en dogtertjie in Moreleta Duifies.

 

 

Wilma Kruger – Babafasehoof

Ek is die Vinkieklas juffrou en is al 18 jaar getroud met Pieter. Ons het twee kinders, Cara (Graad 7) en Ruben (Graad 3), albei in Constantiapark Laerskool. Kinders is vir my baie na aan die hart en is my passie. Dit is vir my ‘n groot voorreg om met kinders te werk by Moreleta Duifies.

 

 

Ena Britz – Peuterfasehoof

Ek is die Suikerbekkie juffrou. Ek en my man is al getroud vir etlike jare en een wonderlike seun is gebore uit ons huwelik gebou op dié Rots. Integriteit is vir my van kardinale belang en daarom is my woord my eer. Duifies is my hart se punt en daarom is my belofte aan jou dat jou kindjie elke dag ietsie tuis sal bring; party dae sal dit in hul handjies wees, party dae sal dit in hulle koppies wees en ander dae sal hul ietsie in hul hartjies saambring.